Monday, February 27, 2012

Donderdag 23 tot Saterdag 25 Februarie - sien, leer en verwerk

 
In hierdie dae word ons bekend gestel and die verskillende UIUC (University of Illinois Urbana-Champaign) se biblioteke, hoofbiblioteek, die versamelings wat 'stacks' genoem word en die Undergraduate Library.
Ons word toegespreek deur Steve Witt van die International and Area Studies Library.
Verder word ons ingelig oor die daaglikse openbare vervoer wat ons nou sal moet begin gebruik. Die hoek van Gregory Dr & Goodwin Aven is die plek wat uitgewys word vir die haal van die bus terug na Orchad Downs, dit moet die 12E Teal bus wees wat ons moet neem anders kom ons nie uit waar ons moet wees nie.


Saterdag is die groot uittog na die winkels en moet ons die bus haal tot by die 'transfer' dit is nou die terminaal waar ons weer op die bus klim om na die winkels toe te gaan, jy moet ook seker maak jy kry 'n 'transfer pass' anders betaal jy vir die bus, en ons het net 'n sekere hoeveelheid bus 'tokens' gekry - genoeg om ons deur te sien vir die tyd wat ons daar is.

Saterdagaand word ons getrakteer deur Richard en Susan Schnuer aan huis en het hulle vir ons 'n heerlike ete voorberei met tradisionele Amerikaanse disse.






Woensdag 22 February 2012 Orchard Downs

Ons word reeds vroeg-oggend met die bussie gehaal by ons blyplek om die dag te begin op die kampus 'University of Illinois'. Vir 'jetlag is daar nie genade nie!
Terwyl ons op die bussie is word sekere bakens vir ons uitgewys en nadat ons afgelaai is word ons geneem na die Mortenson Center wat in die Undergraduate Library hulle kantore het op die 2de vloer (maar hier is alles onder die grond en nie bokant die grond nie!)


Lekker koud!!!




University of Illinois Undergraduate Library





Lunch at the Illini Towers - student cafeteria


 

Barbara Ford and Susan Schneur

Ek en my 'roomie' Rachel Louis van Wits

Tuesday, February 21, 2012

Orchard Downs

Orchard Downs is nou ons blyplek vir die volgende 3 weke. 
Ons is trap af ...

 

104 dit is ons huisie nou ..

gang af ...


... ingang view!

Monday, February 20, 2012

Leaving on a jet plane ..

Maandag 20 Feb 2012 Tertia Susan en Maggie - gereed vir groot dinge!

Dinsdag 21 Feb 2012 Starbucks ..... hoe dan nou anders?

Atlanta : moeg, maar opgewonde nadat ons vlug drie keer verander / verskuif is.

Urbana - Champaign : aangekom!