In hierdie dae word ons bekend gestel and die verskillende UIUC (University of Illinois Urbana-Champaign) se biblioteke, hoofbiblioteek, die versamelings wat 'stacks' genoem word en die Undergraduate Library.
Ons word toegespreek deur Steve Witt van die International and Area Studies Library.
Verder word ons ingelig oor die daaglikse openbare vervoer wat ons nou sal moet begin gebruik. Die hoek van Gregory Dr & Goodwin Aven is die plek wat uitgewys word vir die haal van die bus terug na Orchad Downs, dit moet die 12E Teal bus wees wat ons moet neem anders kom ons nie uit waar ons moet wees nie.
Saterdag is die groot uittog na die winkels en moet ons die bus haal tot by die 'transfer' dit is nou die terminaal waar ons weer op die bus klim om na die winkels toe te gaan, jy moet ook seker maak jy kry 'n 'transfer pass' anders betaal jy vir die bus, en ons het net 'n sekere hoeveelheid bus 'tokens' gekry - genoeg om ons deur te sien vir die tyd wat ons daar is.
Saterdagaand word ons getrakteer deur Richard en Susan Schnuer aan huis en het hulle vir ons 'n heerlike ete voorberei met tradisionele Amerikaanse disse.